Fotostorie: Borskanker – ‘n leefstyl

Volgens Women24 loop een uit elke 26 vroue in Suid-Afrika die risiko om met borskanker gediagnoseer te word en hoe ouer die vrou is, hoe groter is haar kanse. Hoewel dokters reeds vele oorsake van borskanker vasgestel het, bly 70% inligting oor borskanker steeds onverklaarbaar. In die meeste gevalle is borskanker ’n gevolg van nalatigheid onder vroue wat onbewus is van die gevaarsimptome of dit ignoreer. Elizabeth Maria Haasbroek, of tannie Tokkie (83) soos die mense haar ken, van Welgelegen is vir die eerste keer in 1994 met kanker in haar linkerbors gediagnoseer wat tot die verwydering daarvan gelei het. In 2014 is haar regter bors afgesit – weer as gevolg van kanker. Sy sê hoewel sy nie soos jonger vroue noodwendig geskend van haar vroulikheid voel nie, word sy met baie ander uitdagings gekonfronteer. As gevolg van die spierweefsel wat onder haar arm gesny is, het alledaagse takies soos wasgoed ophang, haarkrullers indraai en selfs klere uittrek, moeilik geraak omdat sy haar arms nie meer bo haar kop kan lig nie.

Advertisements